In die 2017/18 seisoen is daar talle boere wat verras is deur die prestasie van die kultivars in die Agsun sonneblomreeks. Hier volg slegs ʼn paar van die suksesverhale.
HEILBRON
BG Strydom van die plaas Marthinus Rust in die Heilbron omgewing het die afgelope seisoen twee van Agricol se hoë-opbrengs sonneblombasters geplant naamlik AGSUN 8251 en AGSUN 5103CLP. Volgens Strydom groei die AGSUN-reeks baie egalig en dit vergemaklik die stroopproses. Die kultivars het ook baie goeie skepelmassas en is minder toeganklik vir voëlskade as ander kultivars. Strydom het die afgelope seisoen ʼn opbrengs van 1,9 ton/ha gerealiseer te midde van ʼn moeilike seisoen.
WOLMARANSSTAD
So ook kan Andre Jordaan van Mashandi boerdery in Wolmaransstad getuig van AGSUN 8251 se sukses. Ten spyte van die moeilike kondisies het AGSUN 8251 met vroeë aanplantings steeds ʼn gemiddelde opbrengs van 2,1 ton/ha gelewer.
Volgens Jordaan het hy die afgelope seisoen Agricol se sonneblom kultivars gemeet teenoor ander sonneblom kultivars wat in die Wolmaransstad distrik geplant word. Jordaan het waargeneem dat die AGSUN-sonneblomreeks uitstekende weerstand teen siektes bied. Alhoewel hy vanjaar voorkomend gespuit het teen Alternaria, is daar nie naastenby die skade met swamsiektes waargeneem by die AGSUN-kultivars teenoor ander kultivars wat aangeplant is nie.
Jordaan is ook beïndruk met die kultivars se goeie opkomsvermoë en opbrengsstabiliteit en beweer, “Agricol se sonneblom is vir my ʼn goeie all-rounder. Ek kan dit vroeg of laat plant, die kultivars doen altyd goed. Agricol se sonneblom het altyd ʼn beter skepelgewig as ander kultivars en uitstekende graankwaliteit. Die silo’s is ook baie tevrede met die graanmonster. Dit is maklik om die monster se vreemde materiaal minder te kry. Die “staygreen”-eienskap het baie te doen hiermee. Ek sukkel nie met dowwe pitte nie”.
HARTBEESFONTEIN/OTTOSDAL
Flip de Bruyn (Jnr) en sy pa, Flip de Bruyn (Snr) van Hageland Boerdery tussen Hartbeesfontein en Coligny in Noordwes plant al vir ʼn geruime tyd Agricol se sonneblombasters met groot sukses op ongeveer 1600 hektaar droëlande. Die hoofaanplanting bestaan uit AGSUN 8251 en daar is al ʼn gemiddeld van 2,7 ton per hektaar van die kultivar gestroop. Die langtermyn gemiddelde opbrengs van die kultivar is ongeveer 2 ton per hektaar. Volgens De Bruyn is AGSUN 8251 se opbrengs stabiliteit in droë en nat seisoene een van die eienskappe van die kultivar waarvan hy hou. Die kultivar bevat ook die “staygreen”-eienskap wat die plant beter weerstand gee teen sekere omvalsiektes en verseker ook dat die plante ʼn baie goeie staanvermoë het.
BETHLEHEM
“Ek plant AGSUN 8251 al vir paar jaar met baie stabiele opbrengste. Voordele wat die kultivar laat uitstaan op my plaas is sy staanvermoë en kopgrootte wat voëlskade beperk. Die kultivar groei ook nooit te hoog nie wat stroop vergemaklik.” So beweer Henry van der Merwe van die plaas Deelpan in die Bethlehem-area. Van der Merwe het AGSUN 8251 vanjaar op 700 hektaar geplant teen ʼn gemiddelde opbrengs van 2,2 ton per hektaar en sê hy kan AGSUN 8251 vir enige mede-boer aanbeveel.”
Agricol se AGSUN-sonneblomreeks is die komende seisoen beskikbaar by deelnemende Senwes-takke.