#Toekomsfokus22 | Reeks fokus op toekomsgerigte boerderypraktyke




Hoe dit ook al sy, die Toekomsfokus22Reeks-veldtog sal jou nie net op hoogte hou van die gesprekke wat gevoer is en die praktiese advies wat gedeel is nie, maar jou ook die geleentheid bied om verder te gesels en jou stem tot dié impakvolle en strategiese gespreksessie te voeg.

#Toekomsfokus22 het op Dinsdag, 11 Oktober by Nampo Park in Bothaville, plaasgevind en deelnemers het die voorreg gehad om agter die spreekwoordelike wêreldgordyn van landbou te loer, en kennis te maak met produsente van onder meer Maryland in die VSA, Saskatchewan in Kanada, Saxony in Duitsland en Santa Fe in Argentinië. Die doel van hierdie ‘ontmoeting’ was om gedagtes te deel rondom aspekte soos uitdagings, opbrengste en tendense, terwyl dit ook opnuut die fokus op die kompeterendheid en aanpasbaarheid van Suid-Afrikaanse produsente laat val het.

Deeglike beplanning is een ding, maar wanneer die onvoorsiene toeslaan en die kaiings in die vuur is, dan is dit juis wanneer produsente moet steun op data, betroubare insette en vennote wat verstaan wat werklik op die spel is. Dan is daar natuurlik vrae soos hoe optimaliseer ek elke stukkie land, elke hulpbron, elke vennoot, elke mark en elke sent? #Toekomsfokus22 poog om hierdie vraagstukke prakties aan te spreek, nie net vanuit ʼn plaaslike oogpunt nie, maar ʼn meer omvattende internasionale hoek.

Die tema van vanjaar se gespreksvoering was: “Die gras lyk groener, maar word die beeste vet?”, en die gesprekke is deur Jaco Minnaar, president van Agri SA en ʼn nie-uitvoerende direkteur van die Senwesraad, gefasiliteer. Vennote wat hul steun tot die dag toegevoeg het, sluit in: Graan SA, John Deere, Vrystaat Landbou, Agri NW, Vrystaat Landbou en Nasie in Gesprek.

Meer oor die Toekomsfokus22Reeks-veldtog

Oor die bestek van die volgende agt weke sal daar in-diepte na die verskillende gesprekstemas gekyk word wat tydens #Toekomsfokus22 na vore gekom het. Hierdie temas sluit onder meer in: klimaatsverandering, tegnologie, diversifikasie, regeringsimpak, risikobestuur asook geleenthede en uitdagings vir die toekoms.

Hou ʼn oog op die Senwes Facebook-bladsy en neem deel aan die gesprekke. Laat weet ons wat jy dink en opper vrae waaroor jy dalk wonder. ʼn Nuwe gespreksvideo sal weekliks vrygestel word – so maak seker jy volg ons om op hoogte te bly.

Kyk hier na ʼn inleidende video oor #Toekomsfokus22.