Nie-nakoming van regulasies kan dameienaars duur te staan kom




Volgens die DWS se woordvoerder, Sputnik Ratau, sal die Blou Skerpioen-eenheid voortgaan om nakoming van regulasies op dameienaars af te dwing wat die wet oortree, aangesien dit ’n kriminele oortreding is om ’n dam te bou sonder om die vereiste lisensie te bekom. Daar is drie wetlike vereistes waaraan voldoen moet word voordat ’n persoon ’n dam kan bou, verander of herstel. Daar moet bepaal word of die dam veilig is, of die reg bestaan om die water in so ’n dam te mag gebruik en wat die impak op die omgewing sal wees.

Hierdie versoek van die DWS kom na aanleiding van ʼn onlangse uitspraak wat deur die Watertribunaal van Suid-Afrika gelewer is. Die uitspraak handel oor ’n aansoek deur die Corona Farm Trust om verlof tot appèl, met die oog op die verkryging van ’n beslissing om met die bou van ’n onwettige dam op die plaas Bergview in die Winterton-distrik, KwaZulu-Natal, voort te gaan. Die aansoek is egter van die hand gewys.

Volledige inligting in hierdie verband kan verkry word by damsafety@dws.gov.za of besoek https://www.dws.gov.za/DSO/Default.aspx