Versekering kan ʼn taai tameletjie wees, en dit is nie ongewoon om iemand te hoor sê dat hy (of sy) óf nie in versekering glo nie óf nie die nut daarvan sien nie. Die feit van die saak is egter dat die lewe baie onvoorspelbaar is, en dat die enigste ding waarvan jy regtig seker kan wees, onsekerheid is.
Lees Meer
Digitalisering, vennootskappe en persoonlike diens. Dit is volgens Coen Jonker, medestigter en voorsitter van TymeBank, die grondslag van besigheidsukses in ʼn snel veranderende wêreld.
Senwes Scenario het by Senwes produsent AC van Wyk van ACH Boerdery in die Bultfontein omgewing gaan kuier om bietjie meer uit te vind oor hoe strategie deel van die groot vyf in landbou vorm. ’n Boer maak altyd ’n plan, so ‘n strategie is basies die uitbreiding van daardie planne.
Na die uitstekende Landboubesighede: Waarheen lei die pad? rubriek van Senwes Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, wat in Mei 2017 in die Landbouweekblad verskyn het, het ons die artikel, met vergunning, verder met hom gevoer. Veral rakende die veranderende landbouomgewing, die rol van leierskap en natuurlik oor die visie en strategie wat hier nodig is.