Die Tydskrif
Die Senwes Scenario is 'n interessante landboutydskrif wat ten doel het om verhoudinge tussen die Senwes Groep en sy klante te versterk deur interessante en relevante artikels aan die leser te bied. Die tydskrif verskyn ses maal per jaar gewoonlik in Februarie, April, Junie, Augustus, Oktober en Desember.
Benewens artikels is daar ook verskeie kompetisies waar lesers die kans staan om talle pryse te wen. Die tweetalige tydskrif is gratis en word ook sonder enige koste aan die kliënt gepos. Teken in en jou vars kopie van hierdie tydskrif sal met elke uitgawe na jou posadres gestuur word.
Hierdie harde kopie waarvan bykans 9 000 kopieë gedruk word, sal steeds voortgaan met die huidige taalverdeling van 70% Afrikaans en 30% Engels, ‘n statistiek wat ons leserstal reflekteer.