Artikels

http://www.scenario.co.za/media/Global/images/Scenario/News/2019/10/electricity.jpg

Beurtkrag: Suid-Afrika se elektrisiteitsektor moet dringend hervorm word

Agri SA is baie bekommerd oor die negatiewe impak wat beurtkrag op die primêre landbousektor, die voedselwaardeketting en die Suid-Afrikaanse ekonomie kan hê. “Eskom se implementering van fase 2-beurtkrag sedert Woensdag het die Suid-Afrikaanse ekonomie onkant gevang,” sê Nicol Jansen, Agri SA Voorsitter van die Sentrum van Uitnemendheid: Ekonomie en Handel.

Lees Meer

http://www.senwes.co.za/media/Global/images/scenario/news/2019/04/announcement.jpg

Boere toon hul vasbeslotenheid teen skaliegas in Appélhof

Die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein het verlede week argumente deur Agri SA se provinsiale affiliaal, Agri Oos-Kaap, aangehoor ten opsigte van die regsgeldigheid van tegniese regulasies ten opsigte van hidrouliese breking wat vantevore deur die Minister van Mineraal Hulpbronne gepromulgeer is.

Lees Meer

http://www.scenario.co.za/media/global/images/scenario/news/2019/02/moneyB.jpg

AgriSA Mediaverklaring: 2019 Nasionale Begroting - Geen reddingsboei vir die landbou

Agri SA is teleurgesteld in die Minister van Finansies, Tito Mboweni, se eerste begrotingsrede. Minister Mboweni se begrotingsrede van 2019 het na landbou deur middel van metafore verwys, soos "dit is tyd vir ons om die saad van hernuwing en groei te saai". Ongelukkig het landbou, buiten vir die verwysings na grondhervorming, betreklik beperkte aandag in die toespraak geniet.

Lees Meer