Die toepassing gee jou toegang tot `n interaktiewe feesprogram en lewendige resensies van alle produksies. Jy kan jou eie feeskalender aanmekaarslaan en hy waarsku jou selfs oor moontlike botsings!
Verder laat die toepassing jou ook toe om deur die feesprogram te loer, kaartjies te koop met jou kredietkaart en vertonings tot jou koopmandjie te voeg. Dit is baie eenvoudig, jy daag slegs by vertonings op en jou kaartjies word direk na die toep gestuur, as jy die kode op jou foon inskandeer. Dit is verspot maklik!
Aardklop is natuurlik nie net toneel, musiek en kultuur nie, daar is ook die feesterrein. Ons toepassing staan jou by om uitstallers op die feesterrein te vind deur van interaktiewe navigasie en foto’s gebruik te maak.
Almal is deel van die fees en alle feesnuus voor en tydens die fees word direk na jou toepassing gestuur, so kan jy jou vinger op die pols van alles wat gebeur hou. Die Aardklop-toepassing is gratis verkrygbaar in die Apple App Store vir iPhone en ook die Google Play store indien jy `n Andriod-foon het. Tik slegs in “AARDKLOP” en laai die toepassing af.
Aardklop morfeer en innoveer elke jaar en ons sien uit na die hierdie toevoeging tot ons dienslewering.
Aardklop vind vanjaar van 2-7 Oktober in Potchefstroom plaas. Ingangsfooi tot die feesterrein is slegs R30 per persoon en kinders onder 12 kom gratis in! Produksiekaartjies is beskikbaar by Ticketpro. Vir meer inligting besoek ons webblad
www.aardklop.co.za of volg ons op Facebook.
Media-navrae:
Delmari van Zyl
084 444 4750
Alexa Strachan
083 273 9768