Senwes Equipment werkswinkels wil graag die nodige gemoedsrus vir die opkomende plantseisoen vir ons klante verseker deur ’n paar wenke en voorstelle om proaktief reeds na u planter en John Deere spuit om te sien.
- Is saadbakke en uitmeetmeganisme deurgegaan en gekalibreer vir optimale plantestand en spasiëring?
- Is nodige verstelling op koulters (saad en kunsmus) nagegaan en verstel volgens u behoeftes en spesifikasies?
- Is alle aandrywings en laers nagegaan en in ’n werkende toestand?
- Is hidrouliese stelsels nagegaan vir werking en lekke op u planter en trekker?
- Het u onlangs u John Deere spuit deur u werkswinkel laat inspekteer om sodoende te verseker dat u die regte hoeveelheid gif toedien en is daar ’n “nozzle flow check” gedoen?
- Is u plantermonitor getoets en reg opgestel om te verseker u gaan die regte hoeveelheid saad en kunsmis toedien indien u variërend plant?
Senwes Equipment werkswinkels het nou ’n inspeksieprogram waarvolgens meer as 70 punte op u John Deere planter nagegaan word. Die inspeksie gee u as klant die gemoedsrus om die plantseisoen met vertroue aan te pak en behels ook ‘n spuitinspeksie van ongeveer 150 tot 200 punte vir gemoedsrus tydens die belangrikste deel van u planttyd.
Wees verseker dat u enige tyd op Senwes Equipment werkswinkels se knoppie kan druk vir ongekende gemoedsrus en diens wat ons aan u kan bied vanuit enige van ons 18 bedieningspunte in die Senwes-gebied.
Vir enige navrae kontak gerus u naaste Senwes Equipment Werkswinkel.