Senwes Grainlink stel tip-top tegnologiese toepassing vry!




Wat is die Senwes Grainlink toepassing?

Die Senwes Grainlink toepassing is gratis en spesifiek ontwikkel om relevante graanmarkinligting te alle tye toeganklik te maak vir rolspelers in die Suid-Afrikaanse mark.
 

Wat behels die Senwes Grainlink toepassing?

Hierdie relevante graanmarkinligting sluit daaglikse markinligting met betrekking tot graan en oliesade, finansiële nuus, asook plaaslike en internasionale weer- en reënvalkaarte in. Lewendige JSE (SAFEX) pryse vir witmielies, geelmielies, VSA corn, sonneblom, sojabone, koring en sorghum met eenvoudige, dog sinvolle prysgrafieke word gratis beskikbaar gestel. Internasionale indekspryse vir corn, wheat en soya, asook die mees relevante wisselkoerssyfers, stel jou in staat om die verandering in hierdie waardes sedert die vorige marksluiting te beoordeel.
 

Wat is die motivering agter die Senwes Grainlink toepassing?

Daar is ‘n behoefte in die mark geïdentifiseer waar onmiddellike en relevante graanmarkinligting deur die rolspelers verlang word. Die Bestuurder van Senwes Graanmakelaars, Frans Dreyer, is van mening dat die toepassing gebaseer word op innoverende en tegnologiese vooruitgang deur markinligting in die palm van die gebruiker se hand te plaas. Geen onnodige tyd hoef meer afgestaan te word aan makelaarsoproepe, die internet of SMS’e nie. “Die gebruiker hoef ook nie meer bekommerd te wees oor ‘n '15 minute' vertraagde pryssyfer nie, omdat die toepassing intydse, lewendige pryse deurgee en kennisgewings op die toepassing uitstuur om die gebruiker op hoogte van sake te hou.” Hierdie toepassing is nie alleenlik voordelig vir die rolspelers in die mark nie, maar ook vir Senwes! 
 

Is die Senwes Grainlink toepassing gebruikersvriendelik?

Die groot kommer onder vandag se sakelui is of al hulle belangegroepe die tegnologiese veranderings sal kan toepas en effektief sal kan benut. Volgens Frans is die Senwes Grainlink toepassing ontwikkel om so gebruikersvriendelik as moontlik te wees. “Alle afdelings word duidelik op die toepassing aangedui. Die inhoud van die toepassing is gestruktureerd, maklik leesbaar en bevat verstaanbare terme wat dit vir die gebruiker eenvoudig, toeganklik en bruikbaar maak”.  Vir diegene vir wie die toepassing soos Duits klink, is daar opleiding beskikbaar by alle Senwes verkrygers en makelaars om die gebruikers stap vir stap deur die proses te lei. 
 
 

Wat maak die Senwes Grainlink toepassing anders en uniek?

“Daar is altyd plek vir verbetering en ons sal beslis deurlopend aan die toepassing skaaf sodat dit te alle tye op die voorpunt van die mark en tot voordeel vir die gebruiker sal wees. Ek glo daarom dat ons toepassing altyd uniek sal wees!”, sê Frans opgewonde. Die toepassing is anders ten opsigte die samestellende struktuur, die kwaliteit van inligting en die gebruikersvriendelike eienskappe daarvan. 
 
Die vrystelling van dié opwindende tegnologies gevorderde toepassing het die mense in rep en roer! So, vir meer inligting besoek gerus ons webtuiste: www.senwes.co.za. Laai sommer nou jou toepassing op jou App Store af of volg die volgende kort skakels en QR-kodes; 
 

Apple App Store
Senwes_Grainlink_app_IOS
http://senwes.co/Grainlink_App_IOS



Google Play Store
Senwes_Grainlink_app_Android
http://senwes.co/Grainlink_App_Android