WEN GROOT met Senwes Equipment en John Deere. Ons stel die drie wenners bekend!




Selfiekompetisie

Amanda Haasbroek was die Senwes Equipment en John Deere Selfiewenner, die eerste been van die kompetisie. Amanda van die plaas Rendezvous in die Allanridge omgewing, asook ‘n amateur fotograaf het haar en haar seuntjie Marnus by sy gunsteling, ‘n John Deere spuit gekiek. Die selfie het aan hulle ‘n R10 000 John Deere klerebewys besorg.
 
Die nuut gevestigde handelsmerk van Senwes Equipment en die van John Deere het ook op sosiale media wye blootstelling geniet met meer as 30 000 mense wat gedurende die tydsduur van die kompetisie met die handelsmerke in aanraking gekom het.
 

Gatorkompetisie

Gert (Gerlu) Roos was die wenner van die tweede been, die John Deere Gatorkompetisie. Gert van die plaas Leeubank in Wonderfontein naby Belfast in Mpumalanga het baie sms’e ingestuur en so die John Deere Gator 855D ter waarde van R230 000 ingepalm.
 
Die nuut gevestigde handelsmerk van Senwes Equipment, tesame met John Deere, het met meer as 70 000 mense op soasiale media bereik. Altesaam was daar 18 842 inskrywings ontvang.

Mauritius vakansie

Die wenner van die derde been van die WEN GROOT met Senwes Equipment en John Deere kompetisie was Charl Fourie. Charl van Fourie Boerdery naby Bothaville in die Vrystaat wou bitter graag die Gator of Mauritius vakansie wen en het die ongelooflike reis vir twee na Mauritius ter waarde van R80 000 gewen.
 
Tydens hierdie kompetisie het ongeveer 25 000 mense op sosiale media met die nuut gevestigde handelsmerk van Senwes Equipment, tesame met John Deere, in aanraking gekom. In totaal was daar 12 738 inskrywings.