Vir Senwes klant en Graan SA Graanprodusent van die Jaar gaan dit oor waardetoevoeging




En dit is hoekom ons Senwes gekies het. Senwes bied die beste waarde, of dit op die graan- of meganisasiegebied is. Waarde gaan nie net oor geld nie, dit gaan oor kommunikasie, mense, passie en effektiewe besigheidsbeginsels.”
 
AC, wat die toekenning as Graan SA se Graanprodusent van die Jaar ontvang het tydens 'n formele geleentheid  op 3 Oktober by die Theatre on the Track in Kyalami, skryf sy sukses daaraan toe dat hy “op die regte plek op die regte tyd was.” Hy is die sewende generasie wat op die plaas Warmhoek naby Bultfontein boer, sedert sy voorsate as bestaansboere begin het om die grond te bewerk in 1841. “Soos ek verstaan was ons van die begin af Senwes klante en oor die jare het Senwes bewys dat hy die beter keuse is,” sê AC.
 
 
AC sê dat alhoewel hy, wat hy noem die “show culture” geniet, is dit nie sy aard om in te skryf vir sulke kompetisies nie. “Ek het die nominasie van Graan SA aanvaar om aan die kompetisie deel te neem omdat ek dink hulle doen goeie werk vir landbou as 'n handelsmerk en vir die beeld van die produsent. Daar is goeie energie by Graan SA en ek stem saam met hulle benadering.”
 
AC produseer tans meer as 40 000 ton mielies en vertel dat sy boerdery in 'n saaiboerdery ontwikkel het, “maar my oupa en pa was skaap- en beesboere respektiewelik. Mielies was goed vir ons en uit 'n waardeoogpunt was die opbrengs die moeite werd.”
 
"Ek hou van die stelling wat besigheidsman Warren Buffet maak: 'ontdek jou passie en jy sal nooit 'n dag in jou lewe werk nie'. Ek het van kleins af geweet dat ek wil plant en goed wil laat groei,” sê AC. “Ek is na die VSA om te leer hoe om mielies te plant. Die grond en klimaat is egter baie anders as hier en in terme van boerderypraktyke is daar groot verskille. Die belangrikste wat ek daar weggeneem het is dat dit my geleer het oor mense, verskillende kulture en ekonomieë en wêreldmarkte en hoe dit werk.”
 
“Arbeidsbestuur is 'n prioriteit vir my - die regte mense wat op die regte manier bestuur word in die regte poste, kan groot potensiaal ontsluit. Jy moet 'n wen/wen-omgewing skep, 'n kultuur waar daar plek is vir almal en waar almal wen.”
 
Baie geluk met jou prestasie AC, van almal by Senwes.