Senwes gee gehoor aan die oproep om Kaapstad se beker te vul




Besoek die Droogtehulpfonds weblad

In die gees daarvan om die organisasie se verbintenis to sosiale verantwoordelikheid uit te leef, het Senwes werknemers onlangs gereageer op 'n oproep om Kaapstad te help, wat tans een van sy ergste omgewingsrampe in die gesig staar, deur die inisiëring van donasies van 5- and 10-liter waterbottels. Met Senwes Bemarking en Innovasie aan die stuur, is daarin geslaag om 900 liter water in te samel en na Kaapstad te vervoer op Vrydag, 9 Februarie 2018. 

Die media het in September 2017 gerapporteer dat Kaapstad 'n ernstige gevaar loop dat sy watervoorraad kan opdroog. In Oktober dieselfde jaar is die krisis amptelik as ramp verklaar en het Kaapstad die eerste stad geword wat die gevaar loop om heeltemal droog te loop, tensy streng waterbeperkings geïmplementeer word. Nou, met die gevreesde Dag Zero wat naderkruip, is vlak 6B waterbeperkings geïmplementeer, wat beteken dat elke persoon per huishouding slegs 50 liter munisipale water per dag mag gebruik.

Terwyl die hele land probeer om Kaapstad te help, is dit belangrik om die realiteit van 'n skaarsheid van water regoor die land te besef. Erkenning moet ook gegee word aan die uithouvermoë van die Suid-Afrikaanse landbouer wat, ten spyte van lae reënvalsyfers, steeds produktief bly en voortgaan om goeie kwaliteit produkte te lewer.

As jy 'n verskil wil maak, besoek www.wateruseitwisely.com100-ways-to-conserve-water.html en ontdek nuwe, prettige (en selfs vreemde) maniere om water te bespaar wat jy and jou organisasie kan implementeer om saam met Senwes meer waterwys te wees.