Prof Willemse bespreek die impak van bek–en-klouseer op 1 Februarie in Bloemfontein




RSVP voor op 28 Januarie 2019

Die opheffing van Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status het skokgolwe deur die landboubedryf gestuur. Dit beteken onder meer dat die land vir ’n onbepaalde tydperk nie meer vleis en ander veeprodukte mag uitvoer nie, wat groot ekonomiese uitdagings inhou en tot werksverliese kan ly.

Suid-Afrika het sy status verloor nadat die siekte in Januarie 2019 in Limpopo by beeste waargeneem is. Die regering het op 7 Januarie 2019 erken dat bek-en-klouseer in Vhembe by diere aangetref is.

Die impak van bek-en-klouseer is een van die onderwerpe wat die landbou-ekonoom Prof Johan Willemse op 1 Februarie 2019 by ’n werkswinkel oor landboumarkvooruitsigte in Bloemfontein sal aanraak. Willemse sal ook op prys en oesvooruitsigte by sy eerste kwartaallikse werkswinkel van 2019 in die Biker’s Church fokus.

Verder sal hy ook oudergewoonte sy kennis oor die jongste graan-, vee- en ekonomiese vooruitsigte deel. ’n Ligte middagete word ook verskaf.

Besprekings moet teen Maandag 28 Januarie 2019 gedoen word.


Datum: 1 Februarie 2019

Plek: Biker’s Church (Tempe-lughawepad; verby Langenhovenpark)

Registrasie: 09:00 – 10:00

Tyd: 10:00 – 13:30

Prys: R 300 per persoon

Sluitingsdatum: Bespreek teen 28 Januarie 2019

Vooraf-besprekings noodsaaklik: Bespreek by marlene@jomar.co.za of 083 381 8011

Lees die DAAF persverklaring