Produsente en Landbouers ontvang die hoogste eer in landbou




Allesbeste Boerdery (Dr André, Liezel, Edrean and Zander Ernst) het met die eer as Nasionale Produsent van die Jaar weggeloop terwyl Eric Ntlaba as die beste Nuweling Inskrywing in Kommersiële Landbou aangekondig is. Dr Theo de Jager was as die 2016 Landboukundige van die Jaar gekroon. Landbouskrywers SA eer die beste van die bestes in landbou sedert 1977.
 

Die kandidate was as volg:

 
Nuweling in Kommersiële landbou
  • Sentrale streek – Eric Ntlaba
  • Noordelike streek - Simon Teffo
  • Wes-Kaap streek – Phirdy Motala
 
Landboukundige van die Jaar
  • Oos-Kaap – Dr Gerhard Verdoorn
  • Vrystaat – Dr Mias van der Westhuizen
  • Gauteng – Jannie de Villiers
  • Limpopo – Dr Theo de Jager
  • Mpumalanga – Barry Christie
  • Noord-Kaap – Hannes Hattingh
  • Noordwes – Prof Flippie Cloete
  • Wes-Kaap – Andre Roux
 
Produsent van die Jaar 
  • Vrystaat – Nick Serfontein
  • Gauteng – Rina & Norman Belcher
  • Limpopo – Allesbeste Boerdery André, Edrean & Zander Ernst
  • Noord-Kaap – Vickie Bruwer
  • Noordwes – Jerry Basson
  • Wes-Kaap – Josias le Roux
 
“Vanjaar se kandidate in al drie kategorieë het uitgestaan in hulle veld van kundigheid en dit was verseker nie maklik om die wenners te bepaal nie. Ons is daarom baie trots op al die kandidate en wil graag die wenners geluk wens. Een van ons doelwitte van hierdie toekennings is om prominensie te verleen aan die rol wat produsente en landboukundiges in die landbousektor in Suid-Afrika speel. Maar dit is ook baie belangrik om te onthou dat hierdie persone wat toekennings ontvang ook ʼn impak het op die groter ekonomie van die land sowel as Suidelike Afrika het,” sê Magda du Toit, Voorsitter van Landbouskrywers SA.