"Kom toets ons uit" - Senwes Grainlink Standerton




Senwes in Mpumalanga? Ja, ’n klip¬gooi van die Vaalrivier in dié geweste. Die tak is by Kerkstraat 6A in Standerton geleë. Hier is Neil asook sy assistent, Jolien Engelbrecht werksaam - sy hanteer die administrasie en kontrole rondom die graanbemarking van produsente. 

GOEIE DIENS IS DIE DOELWIT 
Hulle doel in Standerton is om ’n graan¬boek in die gebied te begin en te laat groei. Hulle fokus tans op die area tot en met ’n 100 km radius rondom Standerton. Hyself en Senwes, wat nuwelinge in die gebied is, se doel is om goeie diens aan almal, van klein tot groot produsente, te lewer en hy sal die skakel tussen Senwes en die produsent wees. 
Hy is hier vir die lang duur soos hy “deel raak van die gemeenskap, om goeie, ordentlike en deursigtige besigheid te doen.” Sy doel is ook om die Meadows kontrak van Tradevantage te diens. Hy nooi klante uit: “Kom toets ons uit en kom drink ‘n koppie koffie by ons.” 

MEER OOR DIE PERSONEEL 
Neil is ’n man met Vrystaatse wortels wat in Vierfontein gevestig is, waar hy Ben Haveman Laerskool bygewoon het voordat hulle Riebeeckstad toe getrek het. Hy het in 1997 aan die Hoërskool Riebeeckstad gematrikuleer en daarna B.Com Ekonomie (Geld en Bank) geswot. Hy verhandel al die laaste 16 jaar graan, nadat hy eers by sy pa se besigheid, Kempro, werksaam was. Hy is ook ’n boerseun in murg en been en het op sy pa Hennie se plaas, Emmanuel, in die Vierfontein-distrik grootgeword. Sy vrou Chanelle en hul kinders, Handré (7) en Kiané (5), sluit juis aan die einde van 2018 by hom in Standerton aan. 

Neil se assistent Jolien is self ’n boere¬meisie wat op die plaas Jeppe in die Theunissen/Winburg omgewing groot¬geword het. Sy is in Bothaville gebore, het grootgeword in Theunissen en later as kantoordame by Beatrix-myn gewerk en daarna as kassier by Teba. Jolien het reeds in Februarie permanent by Senwes Grainlink aangesluit, nadat sy eers as aflos by die Parystak werksaam was. Sy het twee dogters, Dalene (34) en Madelein (23), asook ‘n seun Steven (32).