John Deere 9570RX - Die Prins van Trekkers




Senwes Equipment Uitvoerende Bestuurder, Ferdie Pieterse, en ek het Wesselsbron toe gery in Julie om die eerste van hierdie trekkers by sy nuwe eienaar, Lourens van der Linde van die plaas Klein Constantia, af te lewer.
 
Volgens die John Deere webtuiste is die 9RX Series trekkers die perfekte kombinasie van krag, prestasie en intelligensie, opgerol in 'n viertrek. Die modelle wissel van 470 tot 620 enjin perdekrag, bewese Final Tier 4 enjins, geïntegreerde tegnologie en verhoogde hidrouliese vloei. Die trekkers is gebou om groot implemente oor 'n wye verskeidenheid kondisies op die lande te sleep, die 9RX dek meer hektare in minder tyd en verbeter dus opbrengspotensiaal en winsgewendheid. 
 
Ek vra toe vir oom Lourens of hy darem 'n bietjie emosioneel was toe hy die 9570RX vir die eerste keer gesien het. So prakties soos net 'n boer kan wees, sê hy met 'n laggie: “Ag nie regtig nie.  Boerdery gaan ook praktiese aspekte en die 9570RX pas oor ons rye en dit lewer optimal prestasie op die sandgronde in hierdie deel van die wêreld." "Maar oom, jy moes tog iets gevoel het", dring ek aan.  "Nee, glad nie, boerdery gaan daaroor om prakties te wees en dié trekker pas aan by ons behoeftes.  En natuurlik is die enjin voor, wat beteken dat die voorkant swaar is en die implement wat agteraan haak beteken dat die gewigsverspreiding baie goed is". Niks? Nie eers 'n flentertjie emosie nie? "Ja wel, dalk 'n bietjie emosie", gee hy met 'n skaam glimlag toe. 
 
Die belangrikste kenmerke van die 9570 RX sluit in JDLink™-dienste en Service ADVISOR™ diagnostiese stelsels; e18™ PowerShift™ transmissie (PST) met Efficiency Manager™-kenmerke; 3-punt Hitch en CommandCenter™ controls boost productivity; ® QSX15 (15-L [912 cu in] displacement)-enjin; Power take-off (PTO), 1-3/4 1000 rpm; Standard CommandView™ III kajuit bied onoortreflike geriewe; 435 L/min (115 gpm)-stelse; Algeme onderhoud; JDLink™ dienste en Service ADVISOR™ diagnostiese stelsels; JDLink, Service ADVISOR, en Service ADVISOR afstandsbeheer.
 
Vir die volledige ongelooflike spesifikasies van hierdie indrukwekkende trekker, besoek www.john.deere.co.za of skakel Ferdie en sy span by Senwes Equipment nou!