In die volgende Senwes Scenario – Fokus op Tegnologie




Ons berig oor die nuutste tegnologie wat by die onlangse Senwes en John Deere Stroperdae bekendgestel is. Dan skryf Martin van Zyl, Senwes Groep Uitvoerende Bestuurder: Innovasie en Geïntegreerde Oplossings, vir ons oor ‘n innoverende manier om plante te groei met Petrus van Staden, Senwes Senior Grondkundige wat die nuutste navorsing en resultate met ons produsente deel. Verder was die effektiewe gebruik van data ook by die onlangse SGS Nviro Crop Presisieboeredery Oplossingsdag uitgelig.

Ons is ook nou lentetyd waar ons in hierdie uitgawe by Hartswater en Magogong in die Noord-Kaap gaan inloer het en die areafokus kyk na ‘n paar van die uniekhede van die gebied. Hartswater kan nou ook met ‘n splinternuwe tak spog nadat dit in April 2017 afgebrand het. Ons berig oor die langverwagte amptelike opening en maak ook ‘n draai by staatmaker Senwes produsent Riaan Esterhuizen wat reg tussen die twee dorpies boer. Senwes Scenario fokus dan ook op die Hoof van Gestruktureerde Finansiering by Senwes Credit, Johan Kunz.

Kyk uit hiervoor asook al die interessante skrywes van ons gereelde rubriekskrywers wat hierdie keer op die spyskaart is. Lees hieroor en nog baie meer in die Lente-uitgawe van Senwes Scenario wat jy eersdaags in die pos sal ontvang. Indien jy nog nie ingeteken het nie, besoek gerus die volgende skakel http://www.scenario.co.za/af-ZA/teken-in.