In die volgende Senwes Scenario




Die hoofstorie handel oor die nuwe Senwes AgriRewards waar Senwes sy lojale klante beloon met hierdie uitgestelde bonusskema. Hierdie vrywillige skema kan vir deelnemende klante ‘n addisionele bedrag per ton in die sak bring vir alle grane en oliesade wat in die 2016/2017 oesseisoen gelewer word.
 
In hierdie vyfde uitgawe van die jaar val die fokus op Bloemfontein waar ons op die stad, Senwes silo sowel as die Senwes Village Hinterlandtak fokus. Dan gesels ons ook met Graanverkryger, Jana Erasmus, Verhoudingsbestuurder, Willem Pienaar sowel as die Werkswinkelbestuurder, John Morgado in Bloemfontein.
 
In kollig fokus ons op Senwes produsent, Charl Yssel wat sowat 30 km buite die stad by Kleinheuwel boer. Dan berig ons ook oor die afgelope Vrystaat Landbou en Noordwes kongresse wat plaasgevind het.
 
Ons vul die uitgawe ook aan met Jan Serfontein se eerste jagrubriek wat hy vir Senwes Scenario skryf wat ‘n gereelde insetsel van Senwes Scenario sal uitmaak. Dit vul die huidige tegniese artikels soos Safex Scenario’s met Susari, Druppels op die dak en Graanmarkvooruitsigte met ook Gerrit Oosthuizen wat vir ons riglyne gee rakende oordeelkundige beplanning vir die toekoms.
 
Moenie die gedrukte sowel as aanlyn uitgawe misloop nie!