Misdaad soos veediefstal gaan nie ophou nie, maar samewerking kan begin om ʼn verskil in die golf te maak sê Isabel Kruger van die Vrystaatse veediefstalvoorkomingsforum.
Read More
Die TLU SA landbou-unie maan boere om gedurende die komende feesseisoen bykomende maatreëls te tref ten einde veediefstal te voorkom.
Veediefstal is niks anders as die ekonomiese sabotasie van die landbousektor nie. Dit is die mening van Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in die lig van die oënskynlike gebrek aan hulpbronne by die polisie se onderskeie veediefstaleenhede.
Die jongste misdaadstatistieke is onlangs deur die minister van polisie, Bheki Cele, bekend gemaak. Hy het tydens die aankondiging van die statistieke gesê dat die stryd teen misdaad in Suid-Afrika nog ver van gewen is.
In vergeleke met die vorige boekjaar wil dit blyk asof daar gedurende 2020-2021 minder veediefstalgevalle in Suid-Afrika aangemeld is, aldus die nasionale veediefstalvoorkomingsforum (NVVK).
Desondanks die feit dat veediefstal volgens die 2020/21 nasionale misdaadstatistieke met 6,9% afgeneem het, hou hierdie oortreding steeds ernstige implikasies vir die totale waardeketting in. Volgens Willie Clack, voorsitter van die Nasionale Veediefstalvoorkomingsforum (NVVK) kring die impak van veediefstal baie wyer uit as net die ekonomiese verlies van R1,4 miljard per jaar.