Die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie (Savpo) het sy kommer uitgespreek oor die toename in bevestigde gevalle van Afrika-varkpes (AVP) regoor die land. Volgens Johann Kotzé, uitvoerende hoof van dié organisasie, wil dit voorkom asof besmetting in meer provinsies buite die AVP-kontrolesone voorkom.
Read More
Die Gautengse department van landbou en plaaslike ontwikkeling maan varkboere en veral kleinboere om biosekuriteit toe te pas ten einde die Afrika-varkpesvirus te voorkom.