Favourable weather conditions have secured positive predictions for the South African agriculture sector’s maize harvest for 2019/2020. According the South African Crop Estimation Committee, South African maize farmers are expected to harvest 38% more grain in the 2019/2020 season compared with the previous season.
Met die verandering van die seisoene is daar 'n ongekende opgewondenheid in ons skuts se harte. Soos die dae al korter en koeler word, raak die opgewondenheid al meer. Met die winter wat op ons is, is dit weer jagtyd. Daardie tyd van die jaar wat ons skuts kan beplan om veld toe te gaan en 'n een in 'n leeftyd ervaring te beleef!
Lees Meer
Danksy ‘n bietjie geluk het ons hier in Senwes kringe hierdie heerlike Porchetta resep by die bemarkingshoof van SAPPO, Marieta Human ontvang. Dit is nou wrintiewaar Italiaanse inspirasie met Suid-Afrikaanse varkvleis.
All farm roads will lead to Limpopo on 23 and 24 August 2018 when some of the country’s leading authorities on South Africa’s Land debate will gather near Bela Bela to discuss this contentious issue.
Daar is sekerlik oor min onderwerpe wat betrekking het op herkouervoeding al meer geskryf as juis oor lekaanvullings. Gevolglik is daar oor tyd ook baie wanopvattings gevorm, wat in baie gevalle vandag as “korrekte” lekaanvulling bestempel word, die ou gesegde lui: “My oupa het dit so gedoen, dus doen ek dit so”.
Nee, dit is nie ‘n treinrit nie, maar wel ‘n ongelooflike wenprys van Senwes Grainlink. Stel jou voor hoe dit moet wees om ‘n ongelooflike reis na ‘n eilandparadys te wen. Wel, danksy Senwes Grainlink kan twee van ons gewaardeerde produsente, Adél en Hansie Botes, uitsien na ‘n ongelooflike reis na die Portugese eilande (Mosambiek) ter waarde van R25 000.
Senwes Equipment met mening in die Oos-Kaap. Die groot nuus het gebreek dat Senwes Equipment die Oos-Kaap betree het, en vanaf 2 tot 4 Mei 2018 het Senwes Equipment nie minder nie as drie takke amptelik geopen, Aliwal-Noord, Ugie asook Oos-Londen.
Volgens statistieke van die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het boerderyskuld gedurende die periode 2014 tot 2017 met sowat R34 689 miljoen, oftewel 30%, toegeneem en is die verwagting dat dit gedurende 2018 die R160 000 miljoen vlak kan bereik wat ʼn skuldlas van sowat 35% sou impliseer. Gemeet aan algemeen aanvaarde norme, neig dit na die hoë kant. Dit moet gesien word teen die agtergrond van ʼn verlangsaming (selfs daling) in grondpryse, strenger monetêre beleid en politieke onsekerheid.
Aartappels Suid-Afrika se eerste toekenning aan Ondernemingsontwikkelingsboer van die Jaar.
Senwes Grainlink het 'n silwer toekenning vir hul innoverende and unieke stalletjie by Nampo 2018 ontvang. Die "dubbelverdieping" stalletjie is wat die oog van die beoordelaars getrek het tydens hul beoordeling van die uitstallings in die Namposaal tydens Nampo Oesdag 2018. Die stalletjie, wat beskryf word as "innoverend en nog nooit vantevore gedoen nie", het besoekers gelok met die spesiale virtuele realiteitstoer van 'n silo.
Dit is tyd vir die Junie-Julie 2018 uitgawe van Senwes Scenario, die tweede uitgawe van ons herontwerpte tydskrif nadat ons die nuwe en verbeterde Scenario in April bekend gestel het.
Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark word met reg as hoogs gereguleerd beskou. Hierdie siening word beaam in die Wêreld Ekonomiese Forum se Globale Mededingendheidsverslag van 2017/2018 en rangeer Suid-Afrika 137ste uit 137 lande in terme van samewerking in werkgewer/werknemer verhoudinge.
The South African consumer faces another hefty hike in fuel costs effective Wednesday June 6 according to the recent announcement by the Department of Energy.
Hierdie lekker wildsresep is net die regte ding om tydens die oestyd aan te knibbel. Of dit nou ’n springbokkie, rooibok of selfs ’n hartbees is.
Hoekom koop ek nie net ’n pakkie ammunisie oor die toonbank nie? Hoekom voel ek dat die tyd wat ek spandeer het, beter spandeer is as om die naweek voor die TV te sit en rugby kyk? Hoekom wil ons ure lank werk aan ’n lading en aan die herlaai van ammunisie?
ʼn Nuwe rekord bywoningsyfer behaal tydens NAMPO 2018 en die terugvoering van uitstallers dat hulle oorwegend goeie besigheid gedoen het, spreek van die landbousektor se optimisme ten spyte van al die onsekerhede wat die Suid-Afrikaanse produsente in die gesig staar.
Kripbestuur verwys na die daaglikse bestuur van krale om maksimum voerinname en die gesondheid van diere te verseker. Die doel van vleisbeeste in die voerkraal is om voer na hoë kwaliteit vleis om te skakel.
Plaaslike pryse behoort waarskynlik ‘n sywaartse tendens vol te hou, waar pryse rondom uitvoerpariteit verhandel. Selfs met amper 2,2 miljoen ton se uitvoere, word oordragvoorraad aan die einde van April 2019 van rondom 3 miljoen ton verwag. Daar kan egter tussentydse oplewings in pryse wees as gevolg van sterker internasionale pryse of ‘n swakker wisselkoers. Hierdie geleenthede kan en moet benut word om bemarking so optimaal as moontlik te doen.
Die Minister van Finansies, Malusi Gigaba het in sy begrotingsrede op 21 Februarie aangekondig dat daar vir die eerste keer in 25 jaar, gaan BTW met een present styg tot 15 persent vanaf 1 April 2018. ‘n Een persentasiepunt styging in BTW het tot gevolg dat 7.1 persent meer belasting geïn word.
Die winter kruip nader en Ferdie Pieterse: Senwes Equipment Uitvoerende Bestuurder, het 'n paar wenke met ons gedeel oor hoe om te verseker dat jou toerusting die winter oorleef.
Nee, hier word nie gebak en gebrou nie, dit is nie daardie tipe gis nie, vertel die dames by Senwes se GIS-afdeling, oftewel die Geografiese Inligtingstelselafdeling, my. Dit is nou oestyd en beslis die regte tyd om die seisoen af te sluit en vir die volgende boerderyseisoen te beplan. Dit is presies waar Senwes se GIS-afdeling jou kan bystaan om letterlik enigiets denkbaar vir produsente op ‘n kaart te plaas. Alles wat op hierdie aardbol gebeur word op papier voorgestel.
Senwes Scenario het voorheen oor die herfs kommandowurm gerapporteer wat Suid-Afrika ingeval het in January 2017 en oeste regoor die land vernietig het. Opgedateerde verslae bevestig die verspreiding van dié pes, wat opgemerk is op jong sonneblomme in die Mpumalanga gebied.
“Boere besproei tot vyf keer meer as wat nodig is. Dit beteken dat kunsmis weggewas word, opbrengste verlaag en produksie verlore gaan.” Dit is die woorde van spreker Zohar Ben Ner, Voorsitter van SupPlant, aan die gehoor by 'n seminaar waar Agritech Israel gasheer gespeel het vir Senwes en ander afgevaardigdes uit die landbousektor, wat Israel as florerende landbougebied voorhou, ongeag die land se droë klimaat. Die onderwerpe wat bespreek is, het ingesluit data-gedrewe landbou, die landboubedryf - aangedryf deur blockchain en waterkrisisbestuursoplossings vir landbou in waterskaars gebiede.
Die tyd het uiteindelik aangebreek en ons is besig om die laaste paar veranderinge aan te bring voor die nuwe en verbeterde Scenario vir julle, ons gewaardeerde klante, gepos word.
Net soos kaliberkeuse by jagwapens, is die debat oor die beste handwapen ook nie maklik om op te los nie. Elkeen van ons se behoefte rondom ‘n handwapen verskil en daarom ook ons opinie van 'n goeie handwapen. Gelukkig is daar genoeg keuses op die mark sodat mens kan koop wat gemaklik, mooi en lekker is.
Die lang wag vir die nuwe en verbeterde Senwes Scenario is amper op ‘n einde. Maar om julle ingelig te hou en julle aptyt aan te wakker sal hierdie artikels genoeg pitkos verskaf om aan te knibbel voor die nuwe weergawe hulle weg na julle posbusse sal vind.
Senwes het nog altyd probeer om die lot van boere wat produktief probeer bly, te verlig, selfs onder die moeilikste omstandighede - soos ons weereens gesien het met die inisiëring van die Droogtehulpfonds in 2016.
Die 15de jaarlikse konferensie van die Suid-Afrikaanse Landbou Onderwysersvereniging, wat deur Senwes geborg is, het groot avontuur na die afgevaardigdes gebring! Die konferensie is in Klerksdorp gehou vanaf 31 Januarie 2018 tot 3 Februarie 2018. Die afgevaardigdes is ook op 'n besoek geneem na die Fraaiuitzicht Groenteplaas naby Bothaville.
Kaapstad het met Tafelberg een van die sewe nuwe wonders van die wêreld, Calvinia het die wêreld se grootste posbus, Oudtshoorn het wêreldbekende Kangogrotte, en Ottosdal het die welbekende Draf en Trap.
A healthy meal is important for every type of dog. If you’re a proud dog owner, you understand that a meal is about more than satisfying hunger; it’s about the nutrients, proteins and fats that help your pet’s body develop in the healthiest way. It’s for this reason that Optimizor® has improved their recipe and launched a new range and new packaging.
Scouting is essentially monitoring your fields for the presence of pests and diseases or any potential issues that could obstruct crop growth (irrigation leaks, trellis breakages, etc.). Planning a scout is also an important task. Scouts should plan to walk either an ‘A’, ‘Z’ or ‘W’ through your block (depending on its size) to make sure that you cover all bases.
Dis nou die tyd om 2018 se potensiële gapings in jou voervloei te identifiseer. Daar is ‘n PANNAR groenvoer en Japannese Radys beskikbaar om die gapings aan die einde van herfs, deur die winter of in die vroeë lente te vul.
Ondersoek na die impak van landboubewaringspraktyke op grondgesondheid as belangrike faktor in volhoubare droëland-mielieproduksiestelsels op semi-droë sanderige gronde met watertafels in die Noordwestelike Vrystaat.
Senwes klant en Graan SA Graanprodusent van die Jaar, AC van Wyk, sê dit gaan oor die waarde wat jy toevoeg tot enigiets wat jy in die lewe doen.
'n Finansiële beplanner, sal nooit die luuksheid hê om terug te sit en te dink, “ek weet alles”, nie.
Prysrisikobestuur is een van die moeiliker besluite waarmee produsente elke seisoen gekonfronteer word.
Absolute verbasing oorval jou die oomblik as jy Pietsap van Rensburg se groot versameling John Deere modeltrekkers in Schweizer-Reneke aanskou.
Onlangs was daar in die Landbouweekblad ʼn artikel oor landboumaatskappye, borge, produsente en ouers wat saamstaan om landbou weer te laat herleef by die Hoërskool Kroonstad, oftewel die Blouskool, soos hulle in die volksmond bekend staan.
Die wenner van die internasionale T20 krieketervaring vir ses by Senwes Park in Potchefstroom tussen die Proteas en Bangladesj wat op Sondag, 29 Oktober 2017 plaasgevind het was Madelyn Harmzen van Klerksdorp.
In die Desember 2017/Januarie 2018 uitgawe van die Senwes Scenario is daar talle landbounuus om die nuwejaar mee in te lui.
Die winter is verby en ons sien uit na die komende somerseisoen. Tyd sal leer hoe die seisoen gaan verloop, maar dis belangrik dat daar reg begin moet word. Dit is nie altyd moontlik om foute wat voor of gedurende die plantproses gemaak is, reg te stel nie.
In vandag se mededingende omgewing is dit eenvoudig te duur om werknemers te in diens te hê wie se prestasie nie op standaard is nie. Swak werkprestasie kan jou besigheid duur te staan kom; nie net weens die foute wat gemaak word nie, maar ook omdat die hantering van sodanige werknemers baie van jou waardevolle bestuurstyd in beslag neem.
Paul, Makube, Senior Agricultural Economist at FNB gives a snapshot of the agricultural sector and its recovery from the drought.
In die Oktober/November 2017 uitgawe van die Senwes Scenario is daar talle landbounuus wat jy nie kan bekostig om te mis nie.
Die Senwes groep is tans besig met indiepte navorsing rakende die klant se ervaring oor dienste en verhoudinge.
(Aangesien hierdie artikel op droëland presisieboerdery fokus, is aspekte met betrekking tot vee, besproeiing en voer nie ingesluit nie)
Ek het lesers onlangs aangemoedig om meer te leer oor tegnologie as 'n werktuig vir besigheid, maar ook om seker te maak dat die werktuig hulle nie op die ou end beheer nie!
Die immergewilde Bultfontein Boertjiefees is terug in 2017 en vind van 31 Augustus tot 2 September by die Bultfontein Skougronde plaas.
Die immergewilde Noord-Vrystaat SA VleisMerino Boeredag vind vanjaar op Woensdag, 23 Augustus by die Kroon-Boma in Kroonstad plaas. So maak seker jy bespreek jou plek vroegtydig om nie die belangrike dag mis te loop nie.
Senwes is ’n toonaangewende landboumaatskappy wat reeds 108 jaar lank graan hanteer en opberg – ’n ware vennoot van produsente en ander klante in sy bedieningsgebied. Die hart van Senwes is die landbou en die Senwes Grainlink Silobedryf is een van die hoofareas van hierdie hart. Daarom word daar deurlopend strategieë ontwikkel om waarde toe te voeg en kliënte te ondersteun.
In die Augustus/September 2017 uitgawe van die Senwes Scenario is daar hope landbounuus.
Ons is besig met die opwindende proses om Senwes Scenario op te knap. Jou terugvoer is van onskatbare waarde om te verseker dat ons aan jou, ons gewaardeerde leser, se behoeftes voldoen.
State vir die AgriRewards uitgestelde bonusskema is sedert Vrydag, 7 Julie 2017 beskikbaar.
Duisende vuurwapeneienaars was op Dinsdag, 4 Julie 2017 aangenaam verras na die Gautengse Hooggeregshof bevind het dat alle wettige vuurwapenlisensies wat verval het, of binnekort gaan verval, wel nog geldig is.
As jy die graanbemarkingsadviseur by Koppies, Christelle Jansen van Rensburg, in slegs een sin kon beskryf, is dit dat sy in wese van die Koppiesdistrik is, en in hart en siel daar vir haar produsente is.
Boedelbeplanning kan 'n taamlike eenvoudige oefening wees waar die eersterwende gade sy hele boedel aan die langslewende bemaak, of dit kan meer kompleks wees, veral as met die boerderygemeenskap gewerk word.
Massa en kondisie van die vers en eerstekalf-koei met dek is krities om te verseker dat die kalfpersentasie op ‘n hoë vlak gehandhaaf word.
Daar is klaar ʼn byt in die lug. Dit is klaar tyd om jou wintergroentetuin te vestig. Wintersgroente het ‘n periode van ses tot agt weke nodig om te vestig en te groei voor die eerste ryp kom.
Voor 'n jaguitstappie gaan sit ons by 'n sementtafel en skiet oor 'n sandsak. Sodra jou geweer 'n paar skote naby aan mekaar skiet, is jy reg om te gaan jag, of hoe?
Na die uitstekende Landboubesighede: Waarheen lei die pad? rubriek van Senwes Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, wat in Mei 2017 in die Landbouweekblad verskyn het, het ons die artikel, met vergunning, verder met hom gevoer. Veral rakende die veranderende landbouomgewing, die rol van leierskap en natuurlik oor die visie en strategie wat hier nodig is.
Senwes is vanjaar weer een van die borge van die land se toonaangewende landbouprogram, Nasie in Gesprek, wat regstreeks vanaf verskeie platforms sal uitsaai gedurende die Nampo Oesdagfees wat vanaf 16 tot 19 Mei aangebied word.
Indien jy ooit gewonder het hoe ’n graansilo lyk en hoe die masjienerie daarbinne werk, moet jy verseker ’n draai by die Senwes Grainlink stalletjie maak
Arnold Bender het op Donderdag, 6 April 2017 sy prys opgeëis as die wenner van die Wen ‘n Apple iPad kompetisie met Nasie in Gesprek. Sy prys het bestaan uit ‘n Apple iPad Air 2 32Gig met ‘n bykomende 2 Gig data vir die volgende 24 maande ter waarde van R12 000. Alles te danke aan die landbougespreksprogram, Nasie in Gesprek.
Op ‘n plaas sowat 6 km vanaf Nampopark naby Bothaville, ontmoet ek die twee jong boerseuns Willem (21) en Gert Junior (19) Stols. Dié twee agtermekaar produsente het einde Januarie 2017 die blink gedagte gehad om ʼn kuierplek in die lande te skep. Reg bo-op ʼn spilpunt!
Die Agri-Hertzogville Boere-unie het 'n 45-man delegasie gestuur om die eerste Senwes Equipment Ekspo by Nampo Park op 8 en 9 Februarie vanjaar by te woon en daardeur 'n verstommende R10 000, goedgunstiglik geskenk deur John Deere Finance, gewen.
In die April / Mei 2017 uitgawe van die Senwes Scenario is daar hope landbounuus.
Senwes Scenario het in Januarie by die 2016 Suider-Afrika se Stoetteler van die Jaar, Johan Styger gaan inloer om ʼn bietjie meer oor die bobaas teler te wete te kom en sy denkrigting te verstaan.
Die nuwe Senwes-webblad is lewendig. Hierdie verfrissing bring ‘n eenvoudiger struktuur en groter gebruikersvriendelikheid teweeg.
Te danke aan beter reënval as die vorige jaar in groot dele van ons streek, staan die sonneblom met mooi groot koppe op die lande. Maar ongelukkig is die eienaars van al die sade nog nie bepaal nie. Is dit die boer se oes, of die duiwe se kos wat so mooi groei op die lande?
Die nuwe reeks van Nasie in Gesprek neem kykers op ‘n reis deur Suid-Afrika se pragtige platteland en die verskillende bedrywe, eie aan elke betrokke streek, word ondersoek.
Danie Pretorius is in Julie 2016 tot die posisie van senior graanbemarkingsadviseur by Wesselsbron bevorder. Net die regte man vir die posisie!
R80 000 Mauritius vakansie amper ʼn tweede wittebrood
Produsente wat deur die Vrystaat reis moes al die enorme wit struktuur van die Westfert Koepel net buite Hoopstad gesien het. Soos jy die Vrystaatse dorpie nader, sien jy die massiewe kunsmisstoor al meer as 10 km ver.
'n Aantal opkomende boere word deur die Senwes Ontwikkelingsprogram ondersteun. Hoe werk die program?
Kommandowurms is op sekere plekke in die somergraangebied geïdentifiseer.
Eskom is reg om die krag van 10 munisipaliteite in die Vrystaat en Noordwes vanaf 16 Januarie 2017 te sny as gevolg van agterstallige rekeninge.
Dit is die jaar 2016 en BERNINA RSA kyk terug oor ‘n tydperk van 69 jaar se aktiewe betrokkenheid by die naaldwerkgemeenskap dwarsoor Suid-Afrika.
As jy nou hoendervleis op ʼn aartappelplaas wil kry, dan moet jy die gedreun van 39 John Deere trekkers hoor. Dit was wat op Senwes Scenario by Agrivan Boerdery naby Christiana gewag het.
Ongelukkig is dié nie ‘n artikel oor jou volgende somervakansie nie. Dit gaan alles oor daardie lastige vlieg en die honderde wat skynbaar elke somer in ons huise versamel.
AgriRewards uit die mond van die heel eerste Senwes produsent wat by hierdie toonaangewende bonusskema aangesluit het, Pierre van Eeden. Vir Pierre, wat op sy plaas Heuninglaagte in die Edenville distrik boer, was die besluit om by AgriRewards aan te sluit, verskriklik maklik. Veral omdat 80% van sy boerdery saaiboerdery behels en die AgriRewards bonusskema juis eerste na die graanklante uitgerol is.
Moeg om ‘n magdom gebruikersname en wagwoorde te onthou? Wat van een identiteit wat jy op al die verskillende platforms kan gebruik? OneAgri is die antwoord!
Landbouskrywers SA het erkennings van uitstaande prestasies van kommersiële produsente, nuwe inskrywings in kommersiële landbou en landboukundiges gegee gedurende die toekenningsplegtigheid wat op Vrydag, 11 November 2016 naby Pretoria gehou is.
Ons stel die drie wenners bekend! Gedurende 2016 was die drieledige Senwes Equipment en John Deere kompetisie vol opwinding.
Die afgelope tyd was die grootste gedeelte van die land geseën met reën nadat ons die afgelope paar jaar erge droogte ervaar het, met die laaste jaar sekerlik die ergste ooit.
A quick first year performance review of the new insurance product, Vegetation Revenue Cover, launched by Swiss Re Corporate Solutions Advisors South Africa (Pty) Ltd in partnership with Guardrisk Ltd last year this time.
Krone Comprima turns out 149 bales in one hour.
Die vorige seisoen was gekenmerk as ‘n seisoen van uiterstes oor die grootste gedeeltes van die Senwes bedieningsgebied. Die variasie in die hoeveelheid reën ontvang, sowel as die verspreiding van die reënval, het gewissel van redelik tot baie min as gevolg van die El Niño toestande wat geheers het.
Hierdie onderwerp is een wat sekerlik al die meeste bespreek is en die minste antwoorde opgelewer het. Kaliberkeuse is so ‘n wye onderwerp dat ‘n antwoord langer vat as net een aand se gesels om die braaivleisvuur. Dit word telkemale herkou en bespreek en teen die einde van ‘n jagnaweek is daar nog steeds nie ‘n finale antwoord nie.
Vir 'n stadsjapie wat sy tweede jaar in die platteland oorleef het, vat dit nogal baie om beïndruk te wees met enige voertuig wat nie verby my jaag op die snelweë van die goudstad nie. Ek moet sê, niks wat ek ooit in Egoli ervaar het het my voorberei vir die absolute opwinding toe ek die John Deere 9570RX trekker vir die eerste keer sien nie.
Vir die eerste twee maande van hierdie seisoen het dit bogemiddeld gereën oor die tradisionele Senwes gebied.
Die Oktober/ November 2016 uitgawe van Senwes Scenario is propvol interessante artikels.
Vanjaar was dit tyd vir die 13de Senwes Jongboer Toekomsfokus wat op Dinsdag, 13 September 2016, by Nampo Park naby Bothaville plaasgevind het.
Op Dindag, 6 September het Senwes Grainlink en Tradevantage die lentegees in kinders sowel as volwassenes se harte bewerkstellig met talle geskenkpakkies, mieliemeel en komberse wat aan hulle geskenk is.
Om perspektief in ʼn jaar soos hierdie te kry moet jy niks ooit in isolasie beoordeel nie. Jy moet eers gaan kyk waar jy binne ʼn langer siklus staan.
Die nuwe John Deere winkel het einde Maart vanjaar sy deure by hoofkantoor geopen en sedertdien gaan dié winkel net van krag tot krag.
Die Senwes Spinners Krieketontwikkelingsprogram, in vennootskap met Noordwes Krieket, het vanjaar sy 10de bestaansjaar gevier en word beskou as een van die beste plaasskool krieketontwikkelingsprojekte in Suid-Afrika.
Villa Crop Protection lewer reeds vir die afgelope 22 jaar ’n aansienlike bydrae tot die Suid-Afrikaanse landbousektor met sy unieke en innoverende benadering tot gewasbeskerming.
Die Bothaville Jagtersvereniging bied weer in samewerking met Hinterland en InteliGro hulle jaarlikse skietdag aan. Die skietdag vind vanjaar op 27 Augustus plaas en sal by die Marouzlansrust skietbaan, sowat 17km buite Bothaville, gehou word.
Aandag alle graanklante - Senwes stel bekend die Senwes AgriRewards uitgestelde bonusskema wat aan alle klante van Senwes Grainlink die geleentheid sal bied om goeie uitgestelde bonusse te verdien en die voordeel daarvan te kan benut. Senwes beloon sy lojale klante op dié manier.
Die gawes van boerdery reën op hom neer. Ontmoet Bora Monyatsi, 'n energieke en belowende jong boer!
Die amptelike jagseisoen het 1 Mei begin. Ek is seker die gewere is al uitgehaal en na gekyk. Die jagtogte is al beplan en alles is reg.
Laat reëns het landwyd geval en beperkte droogteverligting gebring die afgelope tyd, maar hoewel die veld begin uitloop het, was die reën te laat vir die veld om volkome te herstel en voldoende voer te produseer vir die komende winter. Ruvoer reserwes in die land is oor die algemeen laag en duur na die lang droogte en produsente is bekommerd dat die bietjie weiding wat tans beskikbaar is nie die diere deur die winter gaan dra nie.
Voorsitter van Bultfontein Distrikslandbou-unie plant vir die toekoms.
“Ek het al van kleins af geweet en gesê ek kom plaas toe, ek gaan boer! Daar is nêrens anders waar ek wou wees nie”.
Met ladingontwikkeling is dit verder belangrik om die vertikale verspreiding van die skote van die dieselfde lading so klein as moontlik te kry. Die skote moet dus sover moontlik op dieselfde horisontale lyn op die teiken wees, maar in dieselfde asem moet hierdie horisontale verspreiding ook nie te wyd wees as die omgewingstoestande soos wind, mirage en lig nie ʼn noemenswaardige invloed gehad het nie. Hierdie proses kan egter sinvol aan die hand van die volgende voorbeeld verduidelik word.
Die ontwikkeling van ʼn lading vir ʼn spesifieke geweer is egter soms makliker gesê as gedaan! Daar bestaan werklik nie ʼn moeitelose tegniek nie en tyd op die baan is onvermydelik. Hierdie tyd op die baan moet egter natuurlik reg benader word om te verseker dat veral die kostebesparende effek van herlaai wel realiseer.
Na die nuwe webtuiste en toepassing vanjaar op 18 Februarie geloods is, het die leserstal in die eerste maand opgeskiet na ‘n allemintige 18 000 gebruikers. 94% van hierdie gebruikers was nuut tot die platforms en in totaal is die platforms 21 907 keer in Maart 2016 besoek.
Die volgende Senwes Scenario wat in Junie en Julie verskyn bult letterlik van inligting! Dit is omdat ons hierdie keer op die Bultfontein area fokus.
Kry nou die Nasie in Gesprek toepassing in die onderskeie app stores en neem deel aan die gesprek. Soos beloof het hierdie toepassing alles wat ‘n kranige landbou fanatikus nodig het om deel te wees van elke paneelbespreking tydens Nampo 2016.
Met die begin van die skryf van hierdie reeks artikels het ek gedink alles oor korttermynvesekering kan in drie of vier uitgawes bespreek word. Hier trek ons nou egter reeds by die negende artikel en is die einde nog nie in sig nie.
Ter viering van die nuwe Handelsmerk van Senwes se Meganisasie Afdeling, is die Groep trots om die Senwes Equipment handelsmerk te loods! Om klem op hierdie bekendstelling te plaas het die afdeling met John Deere saamgespan om nuwe en bestaande klante te lok deur ʼn epiese kompetisie met ongelooflike pryse.
Vanjaar stel Senwes Grainlink nuwe, innoverende tegnologie bekend by Nampo. Die Grainlink stalletjie by die Nampo Oesdag sal vanjaar weer deur bekwame verkrygers en silopersoneel beman word om besoekers uit die veld te slaan met hulle nuwe 3D- en toepassingstegnologie.
Hinterland is opgewonde om vanjaar weer groot uitstalruimtes by die Graan SA Nampo Oesdag in die Hinterland Saal (ou Senwes Saal) beskikbaar te stel.
Nasie in Gesprek is weer dié jaar by NAMPO Oesdag om aktuele kwessies in die landbousektor te bespreek. Suid-Afrika se top denkleiers trek saam om ‘n stem vir die produsent en sy sleutelvennote te gee, asook gesprekke met Suid-Afrikaanse verbruikers aan te moedig en te stimuleer.
Ek kry baie vrae oor die gebruik van 'n knaldemper (silencer). Gaan dit die klank wegvat? Werk dit vir die terugslag (recoil)?
Supa-Kill is 'n natuurlike voedselbron vir knaagdiere en daarom is dit baie meer aanvaarbaar vir rotte. Die lokaas is koring deurtrek met die aktiewe bestanddeel. Ons beveel aan dat die lokaas gebruik word waar daar min of geen kompetisie vir kos is bv hondekos, rys, koring of voël saad.
In 'n poging om bietjie af te koel tydens die onlangse hittegolf, het ek dikwels die gordyne voor my vensters, waardeur ek gewoonlik die sonlig en vars groen en wit van my tuin, gevul met Iceberg-rose, toegetrek.
Suid-Afrikaanse wapen-eienaars is in rep-en-roer oor veranderings wat op 3 Februarie, 2016 aan die Vuurwapenwet (Wet 60 van 2000)(FCA) deur die SAPD (Suid-Afrikaanse Polisie Diens) gemaak is.
Senwes Grainlink is gefokus op die totale behoefte van die klant. U kan by u naaste Senwes silo nou mielies met 'n voginhoud van tot 18% en sonneblom met 'n voginhoud van tot 12% lewer sonder drogingskoste.
Vir die van julle wat geprikkel word deur JSE (SAFEX) kommoditeitspryse, indekspryse of belangstel in die veranderende weerpatrone, is die Senwes Grainlink toepassing net vir jou! Die nuwe, intydse en tegnologiese toepassing kan nou afgelaai word.
’n Klant het my onlangs gevra hoe gereeld jy jou geweer moet skoonmaak. Baie mense gaan nie saamstem met wat ek nou gaan sê nie maar dit is oor en oor bewys deur Benchrest skuts regoor die wêreld - hoe skoner jou geweer hoe beter skiet hy.
Die volgende Senwes Scenario wat in April en Mei verskyn is propvol inligting! Ons fokus op Huntex en Nampo wat om die draai is en oor ʼn maand en twee maande onderskeidelik van nou af plaasvind, en vanjaar vier Nampo juis hulle 50ste bestaansjaar.
Senwes Scenario het by die hoofberoker in Klerksdorp, Renier Vermaak, meer gaan uitvind oor wat die beroking van graan nou eintlik behels.
Onderneem ‘n reis na lewenskwaliteit. Na die onlangse sukses van Carel Botma se reeks artikels in ‘n plaaslike nuusblad, die Veldbrand, word Botma se artikels nou in Senwes Scenario vervat.
Senwes Grainlink help boere in droogtetyd. Met geen drogingskoste en geen verhoging in hanteringskoste vir sonneblom, staan Senwes Grainlink by sy produsente en kliënte.
Die ergste droogte sedert die 1980's word tans in Suid-Afrika ervaar en watertekorte word deur baie landbougemeenskappe ervaar. Sommige dorpe se drinkwater het selfs heeltemal opgedroog. Hinterland en Senwes het dus veldtogte geloods om drinkwater in te samel en te versprei na gebiede wat deur die droogte geaffekteer word.
Ek weet nie of almal daarvan bewus is nie, maar vanaf 1 Januarie 2016 is die dra van skietbrille verpligtend vir alle SA Jagter skietbane en kompetisies.
Die nuwe agri-nuus app, Scenario Magazine, is reg en wag vir jou om dit af te laai in die onderskeie App Stores.
Soos vir enige waardevolle edelsteen, moet jy diep delf om dit uiteindelik te kry. En met Kroonstad is dit ook die geval - dié gebied dra beslis die kroon.
Vir die Crous broers van Kroonstad is wild ongetwyfeld hul fokuspunt. Die gedrewe broers is Kobus (49), David (47) en Riaan (43). Hul sukses spruit uit die feit dat hulle al sedert 1992 saam boer en veral ʼn besluit 14 jaar gelede, in 2002, om na wild oor te skakel, wat nou vrugte afwerp.
Van sekuriteit na 'n liefde vir boerdery. Phillip Mukhithi gaan egter van krag tot krag met die harde werk wat hy in sy boerdery insit. Phillip is werklik 'n inspirasie vir alle opkomende boere.
Senwes Scenario het met die nuut aangestelde Besturende Direkteur van Hinterland, Daan Bronkhorst, gesels.
Senwes Scenario het by Senwes se Groep Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, gaan inloer om die interim resultate breedvoerig te bespreek.
Bydraes vir Senwes en Agri SA se droogterampfonds stroom in en is sterk op pad na R3 miljoen toe.
Nasie in Gesprek het reeds in 2013 begin met die eerste produksies wat by die Nampo Oesdag as Senwes Toekomsfokus Gespreks-forum afgeskop het. ʼn Afrikaanse insetsel is op die Dagbreek-program uitgesaai.
At first glance when you meet the owner of South Africa’s first wholly black owned milling plant, Xolani Ndzaba, you immediately realise that his success had to have started a while back already.
Op die Vlakplaas, die een net buite Hoopstad, boer die Barnards, met Koos Barnard aan die stuur van sake. Soos jy aangery kom, begroet die rye Honey Locust en dennebome jou wat jou reguit na Vlakplaas neem.
Die huidige droogte gepaardgaande met hoë temperature is een van die ergste natuurrampe die afgelope 20 jaar.
Landbou moet as ‘n loopbaan vir die opkomende produsente bemark word. Sonder landbou kan ons nie eet nie. As almal hande vat en saamwerk, lê ‘n blink toekoms voor.
Special drought aid fund established to help alleviate the plight of farmers and support the agricultural sector to maintain food security
Regenerative agriculture on the PepsiCo and Senwes agendaSenwes | 07 November 2022
Nie-nakoming van regulasies kan dameienaars duur te staan komSenwes | 07 November 2022
Tree nou op maan Agri SA om sprinkaanplaag te voorkomSenwes | 07 November 2022
Senwes kondig nuwe Hoof Finansiële Beampte aanSenwes | 07 November 2022
#Toekomsfokus22 | Reeks fokus op toekomsgerigte boerderypraktykeSenwes | 28 Oktober 2022
Soja kraai koning en rekordaanplantings word voorspel Senwes | 28 Oktober 2022